Beeld (Pretoria) article on Cornelia & cats:

The front page of the Pretoria Beeld newspaper of 30 April 1999, two days after the Supreme Court verdict was given in favour of Cornelia and her beloved feline children:

... and zooming in a little bit on the wording of the article itself:

Vrou in ekstase omdat katte mag bly

Michelle Pieters

Haar katte is haar kinders - die spil waarom haar !ewe draai. Ondanks haar breinskade is hulle onvoorwaardelik lief vir haar, se me. Cornelia Raath (29) oor die drie vet viervoetiges in haar woonstel wat pas die middelpunt was van 'n hofgeding in die Pretoriase hoë hof.


Raath sê sy is "ekstaties" oor die beslissing eergister in die hof waarin 'n regter bepaal het dat sy haar katte in haar woonstel mag aanhou.


Die trustees van die Kingswood-woonstelle in Weavindpark het 'n aansoek teen Raath en nog twee inwoners by die hof ingedien om die diere binne sewe dae te verwyder. Die reëls van die woonstelle bepaal dat skriftelike toestemming van die trustees verkry moet word om troeteldiere aan te hou.


Die ander twee inwoners, mnr. Cobus Swanepoel en mnr. Hilton Guerra, was nie so gelukkig nie. Die hof het beslis dat die twee binne sewe dae van hul troeteldiere ontslae moet raak.


In Raath se geval het die hof bevind dat die trustees "hooghartig en onsimpatiek" teenoor haar opgetree het.


Briewe van sielkundiges en psigiaters het gese dat haar diere terapeuties is vir haar na die ongeluk waarin sy was.


Raath het verlede jaar in 'n motorfietsongeluk breinskade opgedoen. Die elektroniese ingenieur se korttermyn-geheue is aangetas. Sy lees moeilik en kan nie tel nie. Sy onthou niks van haar studie nie en kan nie meer werk nie. Sy onthou ook niks van haar verlede nie. Sy het by haar woonstel ingetrek juis omdat sy so 'n huis vir haar "kinders" gesoek het. Sy was onder die indruk dat sy diere kan aanhou omdat die inwoners voor haar 'n hond gehad het, se Raath.


"Dit is eers nadat ek hier ingetrek het dat ek gehoor het van die reels.
"Ek het in 'n brief gevra of ek die katte mag aanhou omdat hulle nooit uit die huis gaan nie. Ek het nooit 'n antwoord van hulle gekry nie en gedink alles is reg."


Sy het sowat 'n jaar gelede 'n brief gekry waarin sy gesê is dat sy nie die diere mag aanhou nie.


"Dit was vir my verskriklik. Baie goed is van my weggeneem weens die ongeluk.Ek was na die ongeluk net bly my katte is nog onvoorwaardelik lief vir my ondanks my breinskade.

Hulle is deel van my. Ander mense sal dit nie verstaan nie"


Swanepoel en Guerra wil nou aansoek doen om skriftelike toestemming om hul troeteldiere aan te hou.